 |
| |
Omdat Afrikaans as ‘n akademiese taal verskil van die spreektaal, ondervind baie kinders probleme in hul huistaal op skoolvlak. Dikwels word daar van kinders verwag om eksamen te skryf oor werk wat soms nie eers behoorlik in die klas behandel is nie omdat die kinders veronderstel is om dit te “weet”. Hulpbronne wat in die klas gebruik word, gee dikwels enkele voorbeelde en die res van die voorbeelde word ‘n verrassing vir die toets. Hierdie handboek kan in hierdie behoefte voorsien. Reëls om die taal te verstaan word sover moontlik gegee om begrip te vergemaklik. Die boek behandel die volgende onderwerpe in diepte:
- Taalkunde
- Fonetiek (klankleer)
- Taalvariëteite
- Uitbreiding van Afrikaans
- Morfologie (woordleer)
- Woordsoorte
- Semantiek (betekenisleer)
- Poësie
- Prosa
- Idiomatiese taal- en woordgebruik
- Sintaksis en sinsbou
- Woordeskatuitbreiding
- Aanbevelings
- Wenke
|
 |
Die kurrikulum sowaar in ’n neutedop!
Saamgestel deur ′n onderwyseres met ondervinding in die aanbieding van Afrikaans.
Ruim afslag word gegee vir bestellings van tien of meer!
|
|
|
 |